By Pretoria-Tuine Ingenieurskool vir Spesialisasie gaan tegniese onderwys, innovasie en geleenthede hand aan hand. Ons is trots om onsself te posisioneer as ‘n ingenieursgefokusde Skool vir Spesialisasie, waar leerders nie net vir vandag voorberei word nie, maar ook vir die toekoms.

Deur gefokusde tegniese opleiding en multi-sertifiseringsgeleenthede kan matriekleerlinge ‘n sterker grondslag kry vir indiensneming, beurse en verdere studies. Hierdie geleenthede ondersteun leerders in ‘n mededingende en veeleisende arbeidsmark.

Ons vennootskappe met die industrie skep waardevolle geleenthede vir blootstelling aan die werkplek, praktiese opleiding en toekomstige studierigtings. Ons waardeer ook sport, kultuur en sosiale ontwikkeling, want sukses word nie net aan akademiese prestasie gemeet nie.

Ons nooi gesinne uit om deel te word van ‘n skoolgemeenskap waar leerders aangemoedig word om verantwoordelikheid te neem, verhoudings te bou, vaardighede te ontwikkel en voor te berei vir betekenisvolle toekoms.

Gebruik asb die Skakels hier onder vir vinnige toegang.