
Die nuwe logo het ‘n rat daarin wat na “Geared for the future” wys. Die swaard verteenwoordig geestelike waaksaamheid teen verkeerde dade, terwyl die troffel staan vir die bereidwilligheid om die samelewing positief te bou en by te dra.
Die drie pilare simboliseer diens en ondersteuning, en vorm die beeld van ‘n hand om hulpvaardigheid en verantwoordelikheid te beklemtoon. Saam weerspieรซl hierdie elemente die skool se kernwaardes: bou, waak, dien.
Die boog van die naam verteenwoordig onderwys as ‘n brug na ‘n betekenisvolle lewe, met leiding en grootword as die fondament daarvan.
VIGILES SERVIMUS is Latyn vir ons dien as wagte.


